GIPF verhoog voordele met meer as 5%

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het ‘n verhoging van 5,46 persent in pensioenvoordele vir alle GIPF-pensioentrekkers aangekondig. Dit geld vanaf 1 April 2023. Volgens die fonds kom die verhoging ná ‘n deeglike aktuariële omsigtigheids-ondersoek, uitgevoer deur die raad, wat die fonds se gemiddelde jaarlikse opbrengs oor die afgelope vyf jaar, en huidige en toekomstige laste en bates van die fonds, in ag neem. Dit volg omdat die fonds ‘n drie jaar gemiddelde metode aangeneem het, met die opbrengste van elke Desember-jaareinde wat dien as ‘n verwysingspunt, gegewe die wisselvalligheid van opbrengste van jaar tot jaar.