Gauteng se gesondheidswerkers loop deur onder aanvalle deur pasiënte

Die Gautengse Gesondheidsdepartement doen stappe om veiligheid vir gesondheidsorgwerkers te verbeter na aanleiding van aanvalle in gesondheidsgeriewe. Daar was tussen Januarie verlede jaar tot nou 61 voorvalle, waarvan die meeste aan psigiatriese pasiënte toegeskryf word. Voorvalle het ingesluit personeellede wat gebyt, geslaan, beroof of aangerand is, en pasiënte wat verdoof, ingeperk of oorgeplaas is. ‘n Woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die departement is daartoe verbind om die aanvalle tot die minimum te beperk aangesien die veiligheid van personeel en pasiënte voorkeur kry: