Gibbs sê Bavuma moet meer ervaring opdoen

Die voormalige Protea-ster Herschelle Gibbs het voorgestel Temba Bavuma moet meer eersteklas-krieket speel om sodoende meer wedstryd-ervaring op te doen in aanloop tot Suid-Afrika se toer na Australië. Bavuma is in die spervuur sedert hy die leisels as die Proteas se T20-kaptein oorgeneem het en slegs 70 lopies kon teken in Suid-Afrika se vyf T20-Wêreldbekerwedstryde. Gibbs reken Bavuma moet sy insluiting regverdig deur lopies te behaal en nie op sy kapteinskap staat te maak nie. Die Proteas se eerste toets op hulle toer na Australië vir ‘n toetsreeks van drie wedstryde begin op die 17de van volgende maand.