Lugdruk, die reën en slange

Die reënseisoen is hier met sommige dele van die land wat al buie ontvang het. Die reënseisoen beteken ook dat dit die tyd vir slange is wanneer hulle meer aktief is, volgens slangnavorser Francois Theart. Hy sê tydens die reënseisoen is daar ook meer kos vir slange beskikbaar. Theart verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus lugdruk speel ook ‘n rol in slange se bewegingspatrone.