WGO waarsku oor humanitêre ramp in Oekraïne die winter

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat miljoene lewens in Oekraïne hierdie winter bedreig word. Dis te midde van aanvalle op gesondheids-, beskadigde of verwoeste infrastruktuur en ‘n energiekrisis. Die WGO se streeksdirekteur vir Europa, Hans Kluge sê tot 3 miljoen mense kan uit hulle huise vlug op soek na hitte en veiligheid terwyl temperature in sommige gebiede moontlik tot so laag as minus 20 grade Celsius kan daal. Kluge sê Oekraïne se gesondheidstelsel beleef sy laagste punt sedert die oorlog begin het, en die beste oplossing is dat die konflik beëindig word.