Die Bidens verwelkom die ‘good boy’ Commander

Die Biden-egpaar het ‘n nuwe kind in die huis met Commander, ‘n baba Duitse herdershond wat Maandag by die Withuis ingetrek het. Die Bidens se troeteldiere het vanjaar nuus gemaak na Major, ook ‘n herdershond, een van die personeellede gegaps het. Major het daarna vir gedragsopleiding gegaan maar, sy temperament is van so aard dat hy nie baie beweging en klomp mense om hom kan hanteer nie. Major woon nou by familie vriende. Intussen is Champ, die Bidens se oudste herdershond op die ouderdom van 13 in Junie vanjaar dood. President Joe Biden het Commander op Twitter verwelkom en het hom beskryf as a “good boy”. Sy vrou Jill, wil steeds ‘n kat hê maar sy het aan media gesê Major het dit verhoed, en sy sal die stand van sake hersien met die aankoms van Commander.