Gesondheiskenner waarsku teen Flurona

‘n Gesondheidskenner van Ghana waarsku mense kan maklik Flurona opdoen – ‘n kombinasie van gewone griep en Covid-19. Dit volg nadat talle gevalle die afgelope paar weke aangemeld is van mense met ‘n kombinasie van Covid-19- en griepsimptome. Die Ghanese dokter Hannah-Lisa Tetteh het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika gesê die kombinasie van die twee virusse kan skadelik wees vir mense se organe.