Die ANC is vandag 110 jaar oud

Die ANC se 8-Januarie verklaring vandag sal na verwagting verwys na die aanvalle op sleutel-staats-instellings in die buurland. Die amptelike program begin om half-twaalf in Polokwane in Limpopo, en president Cyril Ramaphosa sal sy rede om 1-uur lewer. Die hoof-vieringe van die party se 110 de bestaansjaar vandag is voorafgegaan deur verskeie geleenthede gister, in waaronder die ANC se presidensiële gholf-dag en die kranslegging by die graf van die ontslape struggle-ikoon, Peter Mokaba. Die Suid-Afrikaanse adjunk-president, David Mabuza, het tydens die plegtigheid lede van die ANC Jeug-liga toegespreek.