Het goud sy glans verloor?

Is goud werklik so ‘n goeie langtermyn belegging? Sommige ekonome sê goud was minder betroubaar as inflasiebeskermde tesourieë, en is minder opwindend as kriptogeld. Inflasie styg en politieke spanning tussen die wêreld se magte neem toe. Selfs hoofstroombeleggers kon in die versoeking gekom het om hul besit van die edelmetaal te vergroot. Vir konvensionele beleggers hou die waardering van goud ‘n probleem in. Die edelmetaal genereer nie ‘n stroom inkomste nie. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom goud so swak doen.