Gesondheidsministerie: Geen paniek oor Eris

Die eerste geval van die nuwe Covid-variant, Eris of EG.5, is in Gauteng in Suid-Afrika bevestig, maar is nog nie in Namibië bespeur nie. Eris is ‘n subvariant van die Omikron-stam, wat oorspronklik in November 2021 opgemerk is. Eris se simptome sluit in koors, kort-asem, hoes, moegheid, spierpyne, hoofpyn, en keelseer. Inenting is steeds die beste beskerming teen Covid-variante, volgens die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar is geen rede tot paniek nie.