Gesondheid vir N$3,5 miljoen gedagvaar
Amalia Festus dagvaar die ministerie van gesondheid vir skadevergoeding van 3,8 miljoen Namibiese dollar nadat ‘n histerektomie, na bewering sonder haar toestemming, op haar uitgevoer is in Katutura-hospitaal. Sy was sewe maande swanger toe sy op 12 Desember 2017 met pyn by die hospitaal opgeneem is. ‘n Keiser is uitgevoer en haar baba is veilig gebore. Sy is op 16 Desember ontslaan maar het weer met erge pyn op 17 Desember teruggekeer en is weer opgeneem, die keer by Sentraal-hospitaal. Na onsuksesvolle behandeling met antibiotika is sy geopereer en toe is die histerektomie gedoen. Die saak, wat verdedig word, sal vandag vir bemiddeling verwys word deur Regter Eileen Rakow.