Geslagsgeweld: Gemeenskappe moet betrokke raak

Die vroue-minister in die Suid-Afrikaanse presidensie, Maite Nkoana-Mashabane, sê die regering het misluk om die veiligheid van vroue en kinders in Suid-Afrika te verseker. Die minister het op die Nasionale Presidensiële Beraad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord in die Gallagher-konvensiesentrum in Gauteng gepraat en gesê vroue en kinders moet vrylik in hul gemeenskappe kan rondbeweeg. Nkoana-Mashabane sê gemeenskappe moet saamwerk om geslagsgeweld te beëindig: