Foutiewe spesifikasies en tender-dokumente vertraag prosesse

Die Sentrale Verkrygingsraad het 37 verkrygingskontrakte ter waarde van 1,45 miljard Namibiese dollar tussen April en  Oktober vanjaar toegeken. Van hierdie kontrakte is 97 persent aan maatskappye in 100 persent Namibiese besit toegeken. Intussen sê die voorsitter van die raad Amon Ngavetene, swak voorbereide dokumente is die hoofoorsaak van vertragings in die toekenning van tenders. In sy mening is daar ‘n algemene persepsie dat die toekenningsproses vir tenders twyfelagtig is. Openbare verkryging is ‘n delikate aangeleentheid wat voortdurend onder die publieke vergrootglas is. Hy voeg by dat die raad daarvan beskuldig word dat hy die implementering van verkrygingsprojekte deur openbare entiteite vertraag maar vertragings kom voor as gevolg van onvolledige dokumentasie en swak voorbereiding deur openbare entiteite wat die tenders aanvra.