Kommer oor troeteldiere van Covid-slagoffers

Gedurende hierdie moeilike tye van die Covid-pandemie is baie lewens beïnvloed. Troeteldiere verloor ook hul geliefdes wanneer hul eienaars weens Covid sterf. Hanna Rhodin, DBV-bestuurder in Windhoek, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit belangrik is dat hierdie diere versorg word wanneer hulle geliefdes aan die dood afgestaan het en hulle wees agterlaat is.

Rhodin sê op die oomblik is daar nog nie talle sulke gevalle nie, maar die DBV het ‘n styging ervaar van die aantal diere wat tydens die pandemie inkom.