Gerrie Nel sê sokkerspeler se moordverhoor is vol sameswerings

Die hoof van AfriForum se regsafdeling, Gerrie Nel, sê Senzo Meyiwa se moordverhoor is deurspek met sameswerings en dit veroorsaak vertragings. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria tot môre verdaag het, ná ‘n versoek van die beskuldigdes se advokate. Vyf mans het die sokkerster in 2014 na bewering by sy vriendin, die sanger Kelly Khumalo, se huis vermoor. Die regter het ook die beamptes beveel om die beskuldigdes toe te laat om met hul regsverteenwoordigers te konsulteer. Nel verwag meer mense gaan in hegtenis geneem word vir Meyiwa se dood.