Zuma se hofsaak tot 17 Mei uitgestel

Regter Piet Koen van die hooggeregshof in Pietermaritzburg het die korrupsieverhoor van oudpresident Jacob Zuma uitgestel tot die 17 Mei. Zuma se regspan het ‘n uitstel van ses weke gevra om die president van die Appèlhof, regter Mandisa Maya, kans te gee om die verwydering van die staatsaanklaer, Billy Downer, te heroorweeg. Regter Koen sê as die heroorwegingsaansoek nog nie teen daardie datum afgehandel is nie, sal die verhoor byeenkom, sodat ‘n ander datum vasgestel kan word.