Gerhard Fourie is Capricorn Groep se nuwe voorsitter

Die direksie van die Capricorn Groep het aangekondig dat Gerhard Fourie as die groep se direksievoorsitter aangestel is. Fourie is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en het sedert November 2016 as die groep se onafhanklike direkteur gedein. Die nuwe direksievoorsitter neem oor van Johan Swanepoel wie se termyn in Desember tot ‘n einde gekom het. Marlize Horn, Capricorn Group se uitvoerende hoof vir korporatiewe sake, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Swanepoel sal as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van die Capricorn Groep aanbly en steeds voorsitter van Bank Windhoek Limited bly.