Gemeenskappe langs Etosha oes steeds mopaniewurms in park

Ondanks die Namibiese omgewingsministerie wat onlangs ‘n waarskuwing gerig het aan gemeenskappe langs die Etosha Nasionale Park om nie mopaniewurms in die park te oes nie, is ‘n groep op hete kole binne die park betrap. Die Namibiese polisie en natuurbewaarders moes ingryp om die mopanie-oesters uit die park te verwyder. Selfs ‘n polisiehelikopter moes ingespan word. Hul plastiek emmers met mopaniewurms is gekonfiskeer, hul kamp by die Oshiku-nedersetting naby die park se grensheining, is opgeslaan en hulle is beveel om na hul oorspronklike nedersettings terug te keer.