Wes-Kaap begroot R40 miljoen vir bekamping van kubermisdaad

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die toekenning van 40 miljoen rand aan sy departement in die 2022/2023-begroting vir die bekamping van kubermisdaad verwelkom. Winde sê die verhoging vanaf die vorige begroting sal bydra tot risiko versagtingsmaatreëls. Winde sê ‘n verdere 2,5 miljoen rand is as ‘n gebeurlikheidsplan toegeken indien eksterne kundigheid benodig word.