Geingos verkies as president van Afrika-presidentsvroue-organisasie

Die Namibiese presidentsvrou Monica Geingos is verkies tot die president van die Organisasie vir Afrika-presidentsvroue vir Ontwikkeling. Geingos sal die posisie vir twee jaar beklee. Die organisasie vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar en beywer hom vir bystand aan kwesbares, soos Geingos verduidelik.