VRK-finaal: Dis SA, teen SA!

Daar heers groot opgewondenheid oor die feit dat daar twee Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap-finaal is. Die wedstryd tussen die Stormers en die Vodacom Bulls vind Saterdagaand om half-agt plaas op die DHL-stadion in Kaapstad plaas. Die Suid-Afrikaanse afrigter wat destyds hulpafrigter van die Welwitschias was en tans die Strela Rugbyklub in Kazan, Rusland, afrig, JP Nel, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.