Raymond Zondo is SA se nuwe hoofregter

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het besluit om adjunk-hoofregter Raymond Zondo vanaf 1 April aan te stel as Suid-Afrika se volgende hoofregter. Zondo neem tans as hoofregter waar. Ramaphosa se besluit volg op konsultasie met met die Regterlike Dienskommissie en leiers van partye in die Nasionale Vergadering oor vier benoemdes vir die aanstelling van hoofregter, lui die presidensie se verklaring. Die aanstelling volg op die uittrede van hoofregter Mogoeng Mogoeng op 11 Oktober verlede jaar.