Nuwe veldtog teen Omikron in Brittanje

Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Boris Johnson, sê Brittanje staar ‘n vloedgolf van die nuwe Covid-19 Omikron-variant in die gesig en twee inentingsdosisse gaan nie genoeg wees om dit te beheer nie. Die land se Covid-waarskuwingsvlak is tot vier opgeskuif weens die variant se vinnige verspreiding. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekend gemaak die Omikron-variant het nou na 63 lande versprei en in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk is opgemerk dat dit vinniger aansteek. Johnson sê hulle het ‘n nasionale veldtog vir ‘n Omikron-noodversterkdosis van stapel gestuur: