Geen lugpos na China vanaf SA

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het aangekondig hy het alle lugposdienste na China opgeskort. Dit volg op reisbeperkings in sommige dele van die land weens ‘n nuwe vlaag Covid-19 wat aansluitingsvlugte na China beperk. Die Poskantoor sê die beperkings van en na China sal waarskynlik lei tot vertragings, maar landpos bly steeds beskikbaar.