EU stel sanksies teen Rusland bekend

Die Europese Unie sê hy sal teen 2023 onafhanklik wees van Russiese olie en gas – maar al 27 lidlande moet daarvoor instem en Hongarye het reeds kennis gegee dat hy die verbod sal teenstaan. Intussen het die blok sy sesde reeks sanksies teen Rusland ingestel. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dat militêre leiers en nog Russiese banke, word met die nuwe ronde sanksies geteiken.