Vlessies pokke by navorsingfasiliteit gevind

Verskeie flessies was pokke gemerk is, is by ‘n navorsingfasiltieit in Pennsilvanië gevind. Luidens berigte uit die VSA, is daar geen aanduiding dat enige persoon blootgestel is aan die gevriesde flessies nie. Die flessies is deur ‘n werknemer, wat ‘n vries by die fasiliteit skoongemaak het, gevind. Pokke word as ‘n dodelike biologiese wapen geag omdat inentings in 1977 gestaak is vir die siekte omdat dit as uitgewis beskou was. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het net toestemming vir twee fasiliteit gegee om pokke te stoor – die laboratorium vir die sentrum vir siektebeheer in Atlanta, Georgia in die VSA en die Russiese sentrum vir navorsing op virologie in Koltsovo.