Gebrek aan ambulanse in Limpopo

Die DA in Limpopo doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie om ondersoek in te stel na die toegang tot mediese nooddienste weens ‘n ernstige tekort aan ambulanse in die provinsie. Risham Maharaj van die DA sê hierdie ernstige tekort aan ambulanse het ‘n negatiewe uitwerking op inwoners se gesondheidsorg, veral in afgeleë en landelike gebiede. Volgens Maharaj word 117 ambulanse weens ongelukke, herstelwerk en instandhouding tans nie gebruik nie.