Vervoerministerie: Lugvaartsektor is uiters belangrik

Die Namibiese adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het vandag tydens die herinstelling van vlugte van South African Airways tussen Johannesburg en Windhoek met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê lugvaart is baie belangrik en die wêreld sonder lugvaart sal ‘n vervelige plek wees.