Nyl-tilapia-boerdery brei uit in Zimbabwe

Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het sy planne aangekondig om Nyl-tilapia-boerdery in Zimbabwe drievoudig te vermeerder. Die organisasie sê befondsing vir die projek kom vanaf die Europese Unie en Duitsland se federale ministerie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling. Die toename in produksie, vanaf 5 600 ton tot 14 000 ton, poog om die jaarlikse voordele van 97,5 miljoen Namibiese dollar tot 379 miljoen dollar binne die volgende dekade te verhoog.