Gautengse filmkommissie ‘beroof’ kunstenaars

Die DA in Gauteng sê sukkelende kunstenaars het nog niks gesien van die Gautengse filmkommissie se ondersteuning nie, maar die raad het fondse van meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand op spesiale vergaderings uitgegee. Die kommissie het sy begroting met byna 400 000 rand oorskry. Kingsol Chabalala van die DA sê die kommissie verwaarloos lankal die finansiële sorge van kunstenaars in die rolprent- en televisiebedryf: