Gauteng-polisie woeker onder misdadigers

Die Gauteng-polisie het oor die naweek hard gewerk en 1 460 verdagtes is in die twee dae tydens misdaadvoorkomingsoptrede in die provinsie in hegtenis geneem vir verskeie oortredings. Dit sluit in moord, poging tot moord, verkragting, kaping, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, dwelmhandel, gewapende roof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê onder dié wat in hegtenis geneem is, is vier vermeende bendelede verantwoordelik vir kapings en gewapende roof in die suide van Johannesburg: