Bank-toilette: BoN is stil, kenners sê daar’s sekuriteitsrisiko

Reaksie word ontvang op eise deur die voormalige burgemeester van Windhoek en leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda dat kommersiële banke toilette aan klante moet verskaf, veral omdat hulle lang rukke in die bank deurbring. Sommige kenners meen daar kan moontlik ‘n sekuriteitsbedreiging wees maar, die Bank van Namibië wou nie kommentaar daaroor lewer nie. Kazembire Zemburuka, direkteur vir korporatiewe kommunikasie by die bank sê hy het die skrywe ontvang en dit word geprosseseer.