Smith-Howard het dringende aansoek in hof teen IPC

Die Independent Patriots for Change-raadslid vir die Swakopmund kiesafdeling, Ciske Smith-Howard, het ‘n dringende aansoek voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula in die hoërhof vanoggend. Sy probeer verhoed dat die party sy dissiplinêre verhoor teen haar hou tot haar ander saak, waar sy die opskorting van haar lidmaatskap van die party ter syde wil laat stel, afgehandel is. In haar 80-blad eis voor die hof, haal sy wat sy beskryf as die party se oortreding van sy eie reëls en grondwet, aan. Die rede vir haar skorsing is nie duidelik nie en daar is baie daaroor bespiegel in die media.