Gauteng betaal miljoene uit vir mediese nalatigheid

Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Gesondheid was verplig om sedert Januarie verlede jaar 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens mediese nalatigheid uit te betaal. Daar was 78 hofbevele vir beslaglegging op sy bankrekenings. Namibië het dieselfde uitdagings. Jack Bloom van die DA sê die bedrae wat uitbetaal is wissel van 7 301 rand vir ʼn saak wat reeds in 2014 begin het, tot ʼn saak van 18,1 miljoen rand in dieselfde jaar: