Pumas se Stonehouse sal Kampioene afrig

Die Pumas se Curriebeker-wenafrigter, Jimmy Stonehouse, is aangewys as afrigter van die Kampioene-span wat Saterdag in Nelson Mandelabaai vir Italië A sal aandurf. Die groep van 30 bestaan uit spelers van al die spanne in vanjaar se Curriebeker vir wie ondersteuners gestem het. Twee Springbokke, Cornal Hendricks en Embrose Papier, is ingesluit, asook vier oud-Blitsbokke, Victor Sekekete, Nama Xaba, Clayton Blommetjies en Robert Ebersohn. Stonehouse word bygestaan deur sy afrigtingspan.