Gates gee miljoene vir Afrika se landbou-innovering

Die Bill en Melinda Gates-stigting se projek vir landbou-innovering, Gates Ag One, het 609 miljoen Namibiese dollar toegeken aan ‘n projek onder leiding van die Cambridge-universiteit om selfbemestende gewasse vir boere in Afrika te ontwikkel. Die uitvoerende hoof van Gates Ag One, Joe Cornelius, sê die befondsing sal die Engineering Nitrogen Symbiosis for Africa-navorsingsprogram oor die volgende vyf jaar dek. Cornelius voeg by dat Gates Ag One daarop gemik is om almal ʼn gelyke kans te gee en om kleinboere te bemagtig om hulle landbouproduktiwiteit, voedingsekerheid en gehardheid teen die klimaat te verander.