Fraser se kontrak verstryk die maand…

Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika, Arthur Fraser, het mediese parool aan die voormalige president, Jacob Zuma, toegeken twee weke voordat sy kontrak glo tot ‘n einde kom. Volgens berigte kom sy kontrak op die 25ste van hierdie maand tot ‘n einde en sal dit nie hernu word nie. Die departement het egter aan die webwerf gesê hy gaan nie betrokke raak by bespiegelings oor die moontlikheid hernuwing of verlenging van kontrakte nie. Fraser is ‘n voormalige direkteur-generaal van die Staatsveiligheidagentskap en word by korrupsie binne die agentskap betrek. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n onwettige parallelle-intelligensiestruktuur bestuur het.