NamRa verleng aansoek-sperdatum tot einde November

Die Namibiese Inkomste Agentskap of te wel NamRa, het deur middel van die Departement van Doeane en Aksyns, belanghebbendes in kennis gestel dat die aansoekproses vir uitklarings agente tot 30 November 2021 verleng is en dat aansoekers nie die aansoekgeld tot verdere kennisgewing hoef te betaal nie. Tonateni Shidhudhu, bestuurder vir strategiese kommunikasie by NamRa, het met Kosmos 94.1 nuus gesels.