Duikspan soek olie-lekkasie

‘n Privaat duikspan probeer op die oomblik die bron van ‘n olie-lekkasie in die Marchand-baai in die Golf van Meksiko opspoor. Die lekkasie het vermoedelik ontstaan weens skade wat deur orkaan Ida aangerig is. Die lekkasie is nou reeds meer as 19 kilometer lank en dryf ooswaarts. Talle maatskappye ontgin olie in die Golf van Meksiko.