SA metaalwerkersvakbond betoog môre

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, hou môre ‘n plakkaatbetoging in Bloemfontein nadat die bedingingsraad vir metaal- en ingenieursbedrywe verklaar het salarisse sal nie aangepas word nie. ‘n Dooiepunt is bereik tussen Numsa en hul werkgewers in die ingenieurswese nadat hulle ‘n verhoging van agt persent geëis het. Werkgewersverenigings stel ‘n verhoging van net meer as vier persent voor. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê lede het genoeg prysgegee weens die Covid-19-pandemie.