Fishrot-lot se borgaansoek duur voort

Die borgaansoek deur van die Fishrot-beskuldigdes duur vandag voort. Die aansoek is neergelê tot 12 November. Regter Shafimana Ueitele hoor die aansoek aan. Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Hatuikulipi, Mwatelulo, Shuudifonya en Mwapopi se borgaansoek is deur beëdigde verklarings ingedien terwyl Shanghala en Nghipunya getuig. Al die verdagtes het gesê hulle is nie ‘n vlugrisiko nie en Nghipunya het borg van 200 000 dollar aangebied. Dit is Shuudifonya en Mwapopi se eerste aansoek om borg.