All Black sluit aan by regstappe na demensie-diagnose

Die voormalige All Black-stut Carl Hayman het hom aangesluit by regstappe weens harsingskudding. Dis nadat hy bekend gemaak het dat hy in die vroeë stadium van demensie is. Die een-en-veertigejarige speler het Nieu-Seeland in 45 toetse verteenwoordig. Hy het ook in sy vaderland vir die Highlanders en Otago gespeel, en vir die Newcastle Falcons in die Engelse Premierliga. Hayman het aan media gesê hy het mediese hulp ingewin nadat hy geheueverlies, verwarring en selfdoodgedagtes ondervind het. Gewese spelers het die hofsaak teen Wêreldrugby en ander bestuursliggame aanhangig gemaak.