FIMA is nog nie klaar nie – Namfisa

Die uitvoerende hoof van die Namibiese finansiële oorsig-owerheid, Namfisa, Kenneth Matomola het meer besonderhede bekend gemaak oor die nou omstrede FIMA-wetgewing. Die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, lok wyd reaksie uit. Matomola sê hulle het in 2017 reeds begin konsulteer.

Die wetgewing is nog nie finaal nie en die publiek kan nog kommentaar maak en insette lewer.