GIPF maan lede om kalm te bly oor FIMA 


Die Staatsinstellings-pensioenfonds, GIPF, sê hulle is bewus van die reaksie wat die nou omstrede FIMA-wetgewing uitlok. Veral die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, lok wyd reaksie uit. Die bemarkingshoof van GIPF, Edwin Tjiramba, sê in ‘n mediaverklaring hulle is bewus dat die Namibiese finansiële oorsig-owerheid, Namfisa, besig is met konsultasies met belanghebbendes. GIPF doen ‘n beroep op sy lede om nie paniekerig te raak nie, want FIMA is nog nie goedgekeur en nie voor 1 Oktober van krag nie. Tjiramba sê GIPF sal in die beste belang van sy lede optree.