Twee renosters tot dusver in 2022 in Namibië gestroop

Vanjaar is tot dusver twee renosters in Namibië gestroop teenoor verlede jaar se 43 en 40 in 2021. Tot Oktober verlede jaar was daar net 14 renosters gestroop, waarna 29 karkasse, meestal in die Etosha Nasionale Park, in die laaste twee maande van 2021 gevind is. Een olifant is tot dusver vanjaar in die land gestroop, teenoor verlede jaar se agt en 12 in 2020. Die syfers is vandag deur die Namibiese omgewinsminister Pohamba Shifeta bekend gemaak tydens die bekendstelling van die Drie Dekades van Bewaring-veldtog, die Tweede Nasionale Geïntegreerde Stand van die Omgewing-verslag, asook die Nasionale Verslag oor Wildbeskerming en Wetstoepassing.