Facebook-verkragter het glo sy minnares teen haar wil uit SA geneem

Die Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester, se minnares beweer hy het haar teen haar wil uit die land geneem. Nandipha Magudumana doen aansoek om borgtog in die landdroshof in Bloemfontein. Die paartjie is in Maart in Tanzanië in hegtenis geneem nadat sy Bester verlede jaar na bewering gehelp het om uit die tronk te ontsnap. Magudumana sê in ‘n beëdigde verklaring, sy was weerloos en hulpeloos, met niemand om te nader nie, en het Bester se dreigemente gevrees. Sy het aangebied om borgtog van 10 duisend Suid-Afrikaanse rand te betaal, maar die staat staan borgtog teen.