Europese Unie se koolstof-planne onregverdig teenoor kleiner lande – ministerie

Die voorgestelde implementering van die koolstof-grensaanpassingsmeganisme deur die Europese Unie kan Namibië se ekonomie aansienlik raak. Die meganisme is daarop gemik om die vloei van minder-groen kommoditeite na die Europese mark te beperk. Europese lande voer 20 persent van Namibiese produkte in en in veral mynwese, is die koolstofvoetspoor baie hoog. Andreas Simon, woordvoerder van die Namibiese ministerie van myne en energie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat in sy persoonlike hoedanigheid.