Europese Ruimte-agentskap kondig eerste gestremde ruimtevaarders aan 

Die Europese Ruimte-agentskap sal na verwagting vandag sy eerste ruimtevaarder of ruimtevaarders met ‘n fisiese gestremdheid aankondig, as deel van sy para-ruimtevaarderprojek. Die agentskap sê na ‘n uitvoerbaarheidstudie sal moontlike kandidate mense insluit met gebreke in hul onderste ledemate, hetsy as gevolg van amputasie of aangebore gebreke; mense korter as 1,3 meter lank; of persone met verskillende beenlengtes. Die agentskap sal na verwagting ook vier tot ses nuwe Europese ruimtevaarders sonder liggaamsgebreke aankondig.