SA het agterstand van 111 000 DNS-monsters

Daar is tans meer as 111 000 DNS-monsters wat nog in laboratoriums regoor Suid-Afrika getoets moet word. Die minister van polisie, Bheki Cele, sê egter slegs ‘n gedeelte hiervan vorm deel van die agterstand. Hy het die land vandag ingelig oor die kwartaallikse misdaadstatistiek. Cele sê hy is vol vertroue dat die polisie die sperdatum sal haal.