Afrika se wedstrydbeamptes in Katar geloof

Sokker: Afrika word by die Wêreldbekertoernooi in Katar verteenwoordig deur bekwame wedstrydbeamptes. Suid-Afrikaner Victor Gomes het groot lof ontvang vir sy hantering van Dinsdagaand se wedstryd tussen Frankryk en Australië toe die Franse die vloek van die verdedigende kampioen beëindig het deur die Socceroos 4-1 te klop. Gomes is bygestaan deur sy landgenoot, Zakhele Siwela, en Souro Phatsoane van Lesotho, terwyl die vierde beampte, Salima Mukansanga van Rwanda, die eerste vrou uit Afrika is wat as beampte optree. Hulle is geloof omdat hulle die spel laat vloei het.